Brokkies

10 Februarie 2018: Gee ‘n onderwyser ‘n drukkie, sommer nog vandag!

Wendy was deel van ‘n span kundiges wat deur die Onderwysdepartement en Lapa ingespan is om ‘n slypskool vir 500 onderwysers aan te bied. 

Die terrein van die Kaapse Instituut vir Onderwys en Leierskap het behoorlik gegons van omgee-mense wat bereid is om meer as die ekstra myl met ‘n kind (en sy ouers te stap).

En dit op ‘n Saterdag!

Wendy het gefokus op die vestiging van waardes deur stories met behulp van haar bundel Vertel vir my ‘n storie. Lees meer hieroor deur ook hier te kliek.