Brokkies

13 November 2019: Nasionale Letterkundige Museum en Navorsingsentrum

‘n Onvergeetlike aand op ‘n onvergeetlike plek!

Die gehoor gesels lustig saam oor die bewaring van Afrikaanse volksverhale.

Hoe gepas in hierdie gebou waar die stories laag op laag soos herfsblare op ‘n stil stoep ritsel.  

Ek raak sommer tranerig as ek dink aan die toewyding en passie waarmee kurator Wyno Simes, museumgeesteswetenskaplike Annelien Diedericks en die res van die NALN-span hul enorme taak verrig.

Julle gee nuwe betekenis aan die eeue-oue term “bewakers van die boek”.

Nou begryp ek volkome waarom “asemhaal” en “om te dig” een en dieselfde woord in die Eskimo’s se Amassalik-taal is.