Brokkies

19 Maart 2020: Rooimiere-in-die-broek-idioom-inkleurboek!

Dit sê nie net lekker nie, dit lees ook lekker en kleur fantasties in!

Rooimiere-in-die-broek-idioom-inkleurboek is ‘n vrolike inkleurboek met 22 eg-Afrikaanse idiome oor diere, elk met interessante feite en snaakse het-jy-geweets!

Klim in die kas met ‘n flits, of hang onderstebo in ‘n boom. Die tyd het aangebreek.

KOM ONS KLEUR IN!

By enige goeie boekwinkel of bestel by 012 401 0700