Brokkies

20 Februarie 2019: “Engele van die Bybel” praat nou Duits!

Juffrou Mostert was my Duitse onderwyseres in standerd 6. Vandat ek anderlandse plakkate in haar klas gesien het, het ek minder tyd in die groot plataanboom deurgebring en meer met my atlas. Ek was oud genoeg om te weet ek wil leer Duits praat, maar nog nie wys genoeg om iets te begryp van hoe wonderlik die Onsienlike werk nie.

Toe die regte vir my kinderboek “Engele van die Bybel” onlangs deur die Duitse uitgewer Siftung Christliche Medien by Christian Art Kids gekoop is, kon my engele vir die eerste keer Duits in die verre Europa praat.

Sag mal, gibt es Engel wirklich?” is ‘n tasbare bewys dat die Vader waarlik ‘n mens se versugtinge hoor. Soms lank voordat jyself daarvan bewus is.