Brokkies

20 Junie 2020: Skrywersinspirasie – Wendy gesels oor Halala, Job Maseko!

Moedeloos oor die grendeltyd? Meesterverteller Wendy Maartens het 21 Suid-Afrikaanse stories van onbesonge helde in Engels spesiaal vir jou bymekaargemaak.

Lees hoe Job Maseko manalleen ‘n oorlogskip opgeblaas het. Volg in die voetspore van ‘n seuntjie wat kaalvoet deur ‘n oorlog gestap het. Beleef die ontberings van drie San-seuns wat deur handelaars ontvoer is. Word geïnspireer deur die voormalige slavin, Emilie Lehn, se stryd om oorlewing. En vier saam fees oor die langverwagte herstel van Sara Baartman se eer.

Nou beskikbaar by www.Lapa.co.za

BESTEL PAPIERBOEK NOU | BESTEL EPUB NOU | SIEN MEER BOEKE BY LAPA