Brokkies

25 Mei 2019: Lapa-skrywersprofiel

Wendy het boeke, stories en feite nodig soos sy asem, stilte en baie stap seelangs nodig het.

Die dag in graad twee toe Wendy se bruin karton skooltas in een van Worcester se leivore oopgaan, het sy besef dat haar hele menswees om boeke draai.

Dit is opgelê in die manier waarop daardie swart lettertjies in gelid oor die bladsye marsjeer. Die ekstase van ʼn splinternuwe skoon oop bladsy wanneer mens omblaai om verder in ʼn skoolboek te skryf. Selfs die manier waarop Wendy se wiskundeboek die geur van die geelperske in haar tas kon absorbeer.

Wendy het boeke, stories en feite nodig soos sy asem, stilte en baie stap seelangs nodig het. Die Latynse oorsprong van haar naam beteken nie verniet “wandelstaf” nie.

Lees die voledige berig hier.