Brokkies

3 Maart 2016: Kyk wat gebeur op Herbertsdale!

Erina Müller, gr. 3-onderwyseres op Herbertsdale stuur hierdie foto van haar klas. Sy sê: “Ek het Bybelstories vir kinders aanvanklik gekoop, omdat die illustreerder, Marie Prinsloo, my niggie is. So gaan die boek saam skool toe…

‘Ons lees elke dag ‘n stukkie. Die kinders verstaan die boodskap soveel makliker. Hulle maak dit hul eie en probeer hul bes om dit in hul eie klein wêreld toe te pas. Juffrou is net so opgewonde oor al die nuwe woorde wat aangeleer kan word. Nou is die kindertjies elke dag in ekstase en luister hulle oortjies fyn vir nuwe/onbekende woorde.

Bybelstories vir kinders‘ is perfek vir enige grondslagfase-klas. In elke stukkie is daar ten minste vyf nuwe woorde wat die leerders kan aanleer. (Die Departement van Onderwys verwag dat ons ‘n woordmuur in ons klas moet hê om die leerders se woordeskat uit te brei.) Bybelstories vir kinders voldoen volkome aan die vereistes!

‘Baie dankie vir hierdie wonderlike toevoeging om Bybel-lees vir die kinders verstaanbaar te maak.”

 

 Herbertsdale 1 Herbertsdale 2
Herbertsdale se trotse gr. 3’s!