Brokkies

3 Maart 2020: Tygerberg Dienssentrum vir Bejaardes en Mobiele Etes

Weimarstraat 30 is ‘n bynes van bedrywighede op die Dinsdagoggend.

Bussies laai bejaardes af vir hul weeklikse kuiertjie in die gesellige eetkamer oor koffie, tee en toebroodjies. Die personeel in die snoepie, biblioteek en tweedehandse winkel staan bont.

So ook die sjef en haar span in die kombuis wat woel oor outydse hoenderpastei, geelwortels soos my ouma Winnie gemaak het en basaarpoeding. Maar dis die opregte omgee, die stilstaan en gesels-omdat-ek-tyd-vir-jou-het wat my onverhoeds aan die hart gryp.

Ek het gekom om ‘n praatjie by julle te lewer. En toe laat julle my so hoog op engelvlerke vlieg dat ek steeds net hier en daar grond vat.  

Dankie Anne-Marie en Chelize Watt, Lenie Virgin, Tania Leonard en al Weimarstraat 30 se andersoortige engele.