Brokkies

4 Maart 2019: Ons WOW! by die Woordfees

WOW! staan vir Woorde Open Wêrelde. En dis presies wat ek en 120 leergierige graad 3-leerders en hul onderwyseresse van Stellenbosch en Somerset-Wes gedoen het. (“Ek het met my pa se vrugtelorrie uitpasseer,” sê die onderwyseres van Somerset-Wes. Ek laai elke jaar my klas in die bus en ons kom!”😊)

-Ons het met groot plesierigheid al op die ware spoor van “Die Leeu wat Drukkies gee” geloop.

-Stomstreke gehou om idiome te identifiseer.

-Terg- en troetelrympies vergelyk.

-Die gevoelswaarde van woorde letterlik en figuurlik geweeg.

Voordat ons ons lyf kokkedoor kon hou en ons eie uittelrympie kon opklits, het die tyd ons ingehaal.

Maar intussen is daar ‘n hele jaar waarin ons kan voortgaan om die wêreld rondom ons met woorde oop te sluit.