Brokkies

8 Maart 2019: Wendy gesels met Vrouekeur oor die voortbestaan van spoke …

Een doodgewone oggend is daar ‘n doodgewone e-pos met ‘n allesbehalwe doodgewone versoek. Maretha Botes van Vrouekeur wil weet of ek dink die voortbestaan van my geliefde spookvriende word bedreig.

Dís mos die manier om ‘n dag te begin!!

Ek nooi jou om saam met ons en Jaco Hough-Coetzee te kuier.