Category : Nuusblad

November 2016: Kom reis saam op ons Towertapyt!

Kom reis saam op ‘n towertapyt en ontdek kinders van regoor die wêreld se gunsteling-stories.

Vind uit waarom Dassie nie ‘n stert het nie (Suid-Afrika), word opnuut bekoor deur die geliefde sprokie van Doringrosie (Frankryk), kom stap saam met die drie Rammetjies Rof oor die nare ou trol se brug (Noorweë) en vind uit wat gebeur wanneer drie blinde mans op ‘n dag ‘n olifant teëkom (Indië).

In hierdie pragtige geïllustreerde boek het die meester-storieverteller Wendy Maartens 33 klassieke stories bymekaargemaak wat al eeue lank in verskillende lande vertel word. Daar is stories uit elke uithoek van die wêreld – van Duitsland tot Denemarke, Italië tot Israel, Egipte tot Groenland.

Perfek vir voorlees of selflees. ‘n Fantastiese geskenk vir enige jong storieliefhebber!

Towertapyt word deur Lapa uitgegee. Bestel by: 012 401 0700

September 2016: My Slaaptydgebedjies word deur Lux Verbi uitgegee

Help jou kindjie bid met Wendy Maartens se gebede spesiaal vir kleingoed, lieflik aangevul met illustrasies deur die bekroonde illustreerder Vian Oelofsen.

Daar is gebede vir as kinders geboelie word, oor die natuur, bril-dra, as ‘n kind bang is, as my ouers gaan skei, gehoorsaamheid, my dierevriende, en die vrugte van die gees.

Met nuttige praktiese wenke vir ouers en versorgers.

“22 jaar se graad 3’s het my geleer wat dit regtig beteken om met die hart van ‘n kind te bid.” – Wendy Maartens.

Beskikbaar by goeie boekwinkels.

Augustus 2016: Jakkals en Wolf is nou deel van die uiters gewilde Ons lees self-reeks!

Ouers, onderwysers en die belangrikste van almal, beginnerlesertjies, kan nie uitgepraat raak oor hierdie prettige, bekostigbare leesreeks nie.

Die reeks word deur Lapa uitgegee en bestaan nou uit 12 volkleur sagtebandboekies. Nuwe woorde word met sketse toegelig. Elke boek bevat ook nuttige wenke wat ouers help om die jongklomp se leeslus aan te wakker.

Om alles te kroon, het Jakkals en Wolf skaars geland of hulle boer nie net in Boer se kraal nie, maar onder die 100 beste verkopers op die Nielsen-topverkoperlys. Glad nie sleg vir twee karnallies wat al geslagte lank moles maak nie!

Die 6 nuwe boeke is:
1. Jakkals en Wolf vang vis
2. Jakkals en Wolf wil boer
3. Jakkals en Wolf in Boer se kraal
4. Jakkals en Wolf bou huis
5. Jakkals en Wolf en die klip
6. Jakkals en Wolf wil trou

Bestel by 012 401 0700

ek-lees-self-jakkals-en-wolf-wil-trou-in-werkingvoorblad ek-lees-self-jakkals-en-wolf-wil-boer-in-werking ek-lees-self-jakkals-en-wolf-vang-vis-in-werkingvoorblad ek-lees-self-jakkals-en-wolf-in-boer-se-kraal-in-werkingvoorblad ek-lees-self-jakkals-en-wolf-en-die-klip-in-werkingvoorblad ek-lees-self-jakkals-en-wolf-bou-huis-in-werking-voorblad

9 April 2016: Ons vier ‘Stories van die See’!

Die splinternuwe Stories van die See, deur Protea Boekhuis (in Engels beskikbaar as Sea Stories) laat ‘n mens se tone krul van pure storie-lekkerkry.
Wendy se liefde vir die groot blou dam het haar geïnspireer om al haar gunstelingseestories bymekaar te maak. Marjorie van Heerden het gesorg vir asemrowende illustrasies wat jou wegvoer na ‘n magiese seestoriewêreld.

Continue Reading –

‘Bybelstories vir kinders’ by Breytenbach Sentrum gevier 14 November 2015

Danksy die harde werk van joernalis Engela Duvenhage en Anne-Ghrette Erasmus van die Breytenbach Sentrum op Wellington het oud en jonk die verskyning van Bybelstories vir kinders (Bible stories for children) behoorlik gevier. Wendy, illustreerder Marie Prinsloo en vertaler Eleanor Botes het hul kosbare reis tydens hul werk aan die boek met die gehoor gedeel en uittreksels voorgelees.

Continue Reading –