Brokkies

Junie 2017: ‘n Splinternuwe baadjie vir ‘Dagstukkies vir Klein Hartjies’!

Wonderlike nuus! Cum/Christian Art het laat weet Dagstukkies vir Klein Hartjies word herdruk. Dié gewilde dagstukboek wat kinders aan die vreugdes van ons wonderlike wêreld bekendstel, gaan boonop met ‘n splinternuwe baadjie spog.

Die nuwe oplaag sal September op die winkelrakke wees.