Brokkies

Junie 2018: Skud jul vere reg vir ‘n splinternuwe dierereeks!

Boek 1 – Max die gorilla en ander ware dierestories is hier!

 
Ontmoet ‘n paar oulike en dapper diere van regoor die wêreld!
Vind uit hoe Max die gorilla ‘n skelm vasgetrek het.
Kom stap saam met Huberta die seekoei op haar lang reis.
Ontmoet ‘n beer wat sy lyf soldaat hou.
Leer saam met Noodle hoe om ‘n vlermuis te wees.
Gaps saam met ‘n bobbejaan verjaardagkoek.
En vind uit hoe ‘n doodgewone Chinese otjie ‘n aardbewing oorleef het en wêreldberoemd geword het!
 
Uitgegee deur Lapa
 
 
Bestel by: 012 401 0700
 
ISBN: 978 0 7993 8450 5