Brokkies

‘Kaptein Seeley’ verskyn by Naledi 10 Oktober

Onthou jy vir Kaptein Seeley wat die hele wêreld in rep en roer gehad het toe sy uit Kimberley se Groot Gat gered moes word? Haar verhaal is nou vir die eerste keer in boekformaat.

Kaptein Seeley is die eerste kinderboek (5+) in die nuwe Selflees-Saamlees reeks van Naledi. Hierdie reeks gaan oor ware Suid-Afrikaanse dierestories wat geskryf is vir kinders wat net mooi self leer lees. Die storie word ook aangevul met ‘n bietjie geskiedenis en riglyne aan kinders oor hoe om vir hul troeteldiere te sorg. Alles is op so ‘n manier geskryf dat die kind self die boek van hoek tot kant kan deurlees. Agterin Kaptein Seeley is daar ook ‘n QR-kode wat lesers kan volg om die regte Kaptein Seeley en John Seeley te ontmoet.

Om te bestel: SMS die woord KAPTEIN na 33234

“Wendy is vir skrywers wat John Seeley is vir abseilers … Die een wat aanhou en aanhou, al is die taak hoe groot.” ~ Izak de Vries

 

Kaptein-Seeley-30--31