afrikaans

Wendy Maartens

Helde van Suid-Afrika 1

Uitgewer: Lapa

Ontmoet ses van die dapperste helde van Suid-Afrika.
Van oudpresident Nelson Mandela wat ons reënboognasie na vryheid gelei het tot dapper Wolraad Woltemade wat matrose op ‘n sinkende skip gered het.

Asook: ‘n Perd van ‘n ander kleur
Die matriekheld van Henley-on-Klip
Nkosi Johnson veg vir hoop
Japie Greyling swyg

Bestel by 012 401 0700

ISBN: 9780799388565

Wendy Maartens

Helde van Suid-Afrika 2

Uitgewer: Lapa

Die tonge klap nog na Helde van Suid-Afrika 1 dan is die tweede boek in die reeks al op die winkelrakke.

Hierdie lekkerlees-reeks vir laer grade is ‘n opvolg van Maartens se Suid-Afrikaanse helde en ikone wat in 2013 deur Lapa uitgegee is.

Die bundel vertel die verhale van:

  • Klara Majola wat haar blinde pa een ysige nag in die Koue Bokkeveld gaan soek het
  • Richard Simelane, ‘n mynwerker, wat 18 van sy makkers ná ‘n rotsstorting met sy kaal hande uitgegrawe het
  • Pieter Koen, wat met sy lewe betaal het om vyf van sy skoolmaats in die Westdene-busramp te red
  • Hector Pieterson, wat deur die polisie doodgeskiet is op 16 Julie 1976, die dag wat as Jeugdag gehuldig word
  • Sultan, die herdershond, wat kopgehou en sy baas uit die kake van die dood gered het
  • John Ross, ‘n 12-jarige knaap, wat 1000 km deur die wildernis gestap het om medisyne vir sy siek vriende te gaan haal

“As jy daardie verhale vir jou kind gelees het, behoort hy ‘n goeie idee te hê van wie hy is en waar sy wortels lê.” – Wendy Maartens in Die Burger van 21 Augustus 2018

Bestel by: 012 401 0700

ISBN: 978 07993 8921 0

Wendy Maartens

Helde van Suid-Afrika 3

Uitgewer: Lapa

Hierdie lekkerlees-bundel stel jou voor aan nog 6 van die dapperste helde van Suid-Afrika! Van emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu wat ons reënboognasie inspireer, die helde van die Laingsburgvloed tot Enoch Sontonga, wie se hartslied vandag nog in ons land se volkslied voortleef.

Stap ook saam met die slavin Emilie Lehn op haar lang pad na vryheid. Ontdek hoe ‘n 11-jarige kaalvoetseun 100 jaar gelede van Bloemfontein tot in die Kaap dwarsdeur ‘n oorlog gestap het op soek na sy pa – en hom gevind het.

‘n Boer maak mos ‘n plan!

En ontdek die kleinste brakkie met die grootste hart wat deur die Dierebeskermingsvereniging vir dapperheid vereer is.

Bestel by 012 401 0700 of www.lapa.co.za

ISBN: 978 0 7993 8926 5

 

Wendy Maartens

Boek 1 – Max die gorilla en ander ware dierestories

Uitgewer: Lapa

Ontmoet ‘n paar oulike en dapper diere van regoor die wêreld!
Vind uit hoe Max die gorilla ‘n skelm vasgetrek het.
Kom stap saam met Huberta die seekoei op haar lang reis.
Ontmoet ‘n beer wat sy lyf soldaat hou.
Leer saam met Noodle hoe om ‘n vlermuis te wees.
Gaps saam met ‘n bobbejaan verjaardagkoek.
En vind uit hoe ‘n doodgewone Chinese otjie ‘n aardbewing oorleef het en wêreldberoemd geword het!

Bestel by 012 401 0700

ISBN: 978 0 7993 8450 5

Wendy Maartens

Boek 2 – Die leeu wat drukkies gee

Uitgewer: Lapa

Alex van Houwelingen se illustrasies sal jou tone laat krul van pure plesier.

Ontdek ook die ongelooflike verhaal van Just Nuisance, ‘n hond wat lid van die vloot was.
Ontmoet vir Cuddles, ‘n oulike gidsperdjie wat blinde mense help – en tekkies dra!
Ontdek hoe Knersus, die hond, twee inbrekers op ‘n kas gevange gehou het.
Vind uit hoe Lulu, die boepensvark, haar ounooi se lewe gered het.
Ontdek hoe Humphrey, die walvis, verdwaal en weer sy pad na vryheid gevind het.
En ontsnap saam met Salty, die gidshond, en sy baas uit die Twin Towers!

Bestel by 012 401 0700

ISBN: 978 0 7993 8927 2

Wendy Maartens

Boek 3 – Jock van die Bosveld

Uitgewer: Lapa

Jock van die Bosveld bevat ses asemrowende dierestories van dapper en interessante diere regoor die wêreld. Litnet berig as volg: “Die stories word op ‘n toeganklike manier met eenvoudige taalgebruik vertel sodat beginnerlesers dit maklik self kan baasraak”.

Ontdek die wonderlike ware verhaal van Jock, die Suid-Afrikaanse hond wat wêreldberoemd geword het, leer ken ‘n brilpikkewyn met die naam Gregory Peck, wat die geselskap van mense bo die van pikkewyne verkies het en vind uit wat gebeur wanneer ‘n donkie sy lyf ambulans hou.

Ontmoet ook die ware verhaal van die wonderbaarlike vriendskap tussen twee troetelvisse Big Red en Blackie.

Om nie te praat van die merkwaardige verhaal van ‘n katjie wat op ‘n dag in die ysbeerpoel van ‘n dieretuin beland het – en deur een van die gevaarlike bere gered is!


Bestel by 021 401 0700 of www.lapa.co.za

ISBN: 978 07993 8928 9

Wendy Maartens

Kerneels en die Krismisengel

Uitgewer: Protea

Die agtjarige Kerneels kuier graag saam met oom Sol, die veiligheidswag. Oom Sol leer hom van die Aandster en die Melkweg, Orion en die Skerpioen, en op Oukersaand wil Kerneels weet watter ster is die Betlehemster. “Ek dink hy het verskiet en in miljoene stukkies opgebreek,” sê oom Sol. “Elke stukkie het iewers in iemand se hart vasgesteek en help ons om mekaar lief te hê.”

Toe Kerneels wil weet of mens ‘n engel sal sien as jy in ‘n regte vuurpyl na die sterre toe gaan, lag oom Sol net. Maar op Kersoggend het hy ‘n verrassing vir Kerneels. Dis ‘n boodskap van ‘n engel …

Ook beskikbaar as Chris and the Christmas Angel.

Bestel by 012 362 3444

ISBN: 978 1 4853 0851 5

My Eerste Diere-atlas

Uitgewer: Lapa

Ontdek diere van regoor die wêreld met hierdie fantastiese diere-atlas propvol asemrowende feite oor die diere wat op die verskillende vastelande voorkom, en Suid-Afrika se ryk verskeidenheid dierelewe. ‘n Wonderlike feiteboek vir kinders wat gretig is om meer oor die wêreld te leer – en ‘n naslaanbron wat op elke skoolkind se boekrak hoort!

Ook beskikbaar as My First Animal Atlas.

Bestel by 012 401 0700

Towertapyt

Kom reis saam op ‘n towertapyt en ontdek kinders van regoor die wêreld se gunsteling-stories.

Vind uit waarom Dassie nie ‘n stert het nie (Suid-Afrika), word opnuut bekoor deur die geliefde sprokie van Doringrosie (Frankryk), kom stap saam met die drie Rammetjies Rof oor die nare ou trol se brug (Noorweë) en vind uit wat gebeur wanneer drie blinde mans op ‘n dag ‘n olifant teëkom (Indië).

In hierdie pragtige geïllustreerde boek het die meester-storieverteller Wendy Maartens 33 klassieke stories bymekaargemaak wat al eeue lank in verskillende lande vertel word. Daar is stories uit elke uithoek van die wêreld – van Duitsland tot Denemarke, Italië tot Israel, Egipte tot Groenland.

Perfek vir voorlees of selflees. ‘n Fantastiese geskenk vir enige jong storieliefhebber!

Towertapyt word deur Lapa uitgegee.

Bestel by: 012 401 0700

Stories van die see

Stories van die see is ’n versameling seestories van regoor die wêreld – van “Hans en die gaatjie” in Haarlem tot die voëlnesplukkers Adhi en Sinta in die Ooste. Maar daar is ook heelwat plaaslike verhale oor die Birkenhead-bevel, “Die Vlieënde Hollander”, die Alibama, Wolraad Woltemade, die Gat-in-die-Muur by esiKhaleni waar die watermense jou kom haal, “Die spoke van Jutteneiland”, “Adamastor en die Kaap van Storms” en die skaapwagtertjie van Macassar wat Sjeg Joesoef se graf tussen die duine gevind het. Stories van die see bevat verwerkings van The Little Mermaid en die verhaal van Prinses Elisa en haar elf swane-broers, asook die Weskusboer Koos Malgas wat sy robvrou se vel gesteel het. En natuurlik kul Hasie vir Soutwaterkrokodil. Saam met die pragtige illustrasies van Marjorie van Heerden sal Stories van die see ’n klein lesertjie wegvoer na ’n magiese seestoriewêreld.

Hierdie publikasie is ook beskikbaar in Engels, Sea Stories.

Bestel: 012 362 3444

ISBN: 978 1 4853 0402 9

Waarom Kameelperd se nek so lank is en ander dierestories

Uitgewer: Lapa

Waarom lag Tarentaal so lekker? Waarom is Volstruis se nek so lank? Waarom kom Uil net snags uit? Waarom is Leeu en Vlakvark kwaaivriende? Waarom het Bobbejaan ‘n sekelstert?

In hierdie prettige storieboek vertel Wendy ‘n paar van die lekkerste volksverhale uit ons Afrika-diereryk, op haar kenmerkende toeganklike, humoristiese manier. Die 25 stories is perfek vir voorlees en selflees – en is ‘n besliste moet-hê-item op elke kind se boekrak!

Formaat: Hardeband

Grootte: 210 x 280mm

Bladsye: 106

ISBN: 978 0 7993 7397 4

Kaptein Seeley

Uitgewer: Naledi

Gigi val pardoems! in Kimberley se Groot Gat terwyl sy die diamant soek wat haar moet help om ‘n gesin van haar eie te kry. Vir langer as ‘n week moet sy ‘n stryd om oorlewing voer. Al troos is die blonde reddingswerker, John Seeley, wat weier om tou op te gooi.

Gigi weet nie die hele wêreld is in rep en roer oor haar nie. Nog minder dat sy ‘n nuwe naam – Kaptein Seeley – het!

John kry dit uiteindelik reg om Gigi uit die Groot Gat te red en vir haar die huis te gee wat sy nog altyd so graag wou hê.

Maar die grootste les moet sy nog leer: die kosbaarste skat is klaar diep in jou hart!

Formaat: Slapband

Grootte: 250 x 200mm

Bladsye: 40

ISBN: 978 1 920654 78 8

“Wendy is vir skrywers wat John Seeley is vir abseilers … Die een wat aanhou en aanhou, al is die taak hoe groot.” ~ Izak de Vries

Bybelstories vir Kinders

Uitgewer: Randomstruik 

Wendy Maartens leef haar passie in Bybelstories vir Kinders uit deur op ‘n vars en besondere manier ‘met woorde te skilder’. Haar stories uit die Ou en Nuwe Testament help kinders om van kleins af met oorgawe te leef, onvoorwaardelik lief te hê en maklik te vergewe, net soos Christus. Dié stories maak jou opgewonde oor God, die wonderlike wêreld en sy mense. Hy is immers ‘n God van liefde, ‘n God wat glimlag en ‘n God wat vergewe. Die kombinasie van Wendy se persoonlike Bybeltaal en die moderne en kleurvolle illustrasies van Marie Prinsloo gee kinders ‘n kreatiewe en onbevange insig in geloofsfeite en vraagstukke oor die groot onbekende wêreld.

Formaat: Hardeband

Grootte: 280 x 195mm

Bladsye: 112

ISBN 978 1 43230 510 9

Dagstukkies vir Klein Hartjies

Uitgewer: Christian Art Publishers (CUM)

Het jy geweet? God is so lief vir jou dat Hy jou naam in sy handpalm geskryf het, en niks kan dit uitvee nie.

Hy praat elke dag met jou. Soms fluister God diep in jou hart. Dan voel dit soos skoenlappervlerkies wat saggies roer. Ander kere stuur Hy vir jou ‘n boodskap met ‘n geel herfsblaar. Of Hy sing vir jou ‘n liedjie op die wysie van die wind. Hy kan selfs briefies met seemeeuspore in die sand skryf!

In Dagstukkies vir Klein Hartjies neem Wendy Maartens jong kinders op ‘n unieke ontdekkingstog deur die natuur om God se liede en sorg te ontdek en ‘n onontbeerlike deel van hul vormende geloofswêreld te maak.

Die allermooiste kunswerke deur Natalie en Tamsin Hinrichsen maak hierdie uitsonderlike boek nog spesialer vir klein hartjies.

Elkeen van die 50 dagstukkies het ‘n Bybelvers, iets om te doen, iets om oor te dink en ‘n gebedjie. Die muis wat in elke storie wegkruip, maak die boek op ‘n prettige manier interaktief en leer kinders om op detail te konsentreer.

Formaat: Hardeband

Grootte: 165 x 205 mm

Bladsye: 208

ISBN 978 1 4316 1323 6

Siembamba: Immergroen rympies vir kinders

Hierdie omvangryke, pragtig geïllustreerde versameling klassieke Afrikaanse rympies beloof ure se pret vir jonk en oud! Daar is bekende versies en minder bekendes, tergrympies en raaiselrympies, volksliedjies en lawwe sêgoed, aksierympies en tongknopers, gebedjies en slaaptydrympies. Siembamba: Immergroen rympies vir kinders is beslis ’n moet-hê-boek vir elke Afrikaanse gesin se boekrak.

Baie dankie vir al die boeke wat julle die Saterdag 6 Junie 2015 by die Liewe Heksie konsert in die Quest konferensie sentrum in Vanderbijlpark uitgestal het – ons het ‘n lieflike boek “Siembamba Immergroen rympies vir Kinders” daar vir my kleinkind gekoop – ‘n absolute skat – wat ‘n onvervangbare skat is dit nie!! Al die rympies en gediggies wat ons as kinders mee grootgeword het is daarin. Ons het soveel pret gehad om dit vir haar te lees. Gaan so voort Lapa Uitgewers!!! Dit word opreg waardeer.”  ~ Lapa se Facebook-blad: Antoinette Boonzaaier, Doherty

Nerens maar nêrens op ons winkelrakke is ‘n boek met hierdie kosbaarhede nie. Dit hoort saam in een skatkis.“ ~ www.maroelamedia.co.za  

Formaat: Hardeband

Grootte: 210mm x 280mm

Bladsye: 112

ISBN 978 0 7993 7057 7

Diere-ABC

‘n Pikkewyn met pienk pantoffels? ‘n Flamink met krullers in haar kuifie? ‘n Cheetah met ‘n cowboy-hoed? ‘n Kielierige krokodil en ‘n gans wat die goggabie-boogie dans? Dis maar net ‘n paar van die lawwe diere wat binnekort hul rympiepret in Diere ABC (uitgegee deur Penguin Random House) gaan deel.

– Ideaal vir beginnerlesers wat moet leer om elke letter met ‘n klank te assosieer.

– Ekstra lekkersê-woorde

– Muurplakkaat van elke dier en sy lettermaatjie om vaslegging te vergemaklik.

ISBN 978 1 43230 423 2

Vertel vir my ‘n storie

Haas leer ‘n belangrike les oor geduld toe hy op ‘n dag teen Skilpad resies hardloop. Die musikante van Bremen wys wat jy met goeie spanwerk kan regkry. Aspoestertjie se twee nare stiefsusters kry hul verdiende loon. En ‘n seun wat Wolf! skree, vind uit dat oneerlikheid nie die moeite werd is nie.

Stories is ‘n prettige manier om jou kind goeie waardes te leer! Elkeen van die bekende verhale in hierdie bundel bevat ‘n belangrike lewenswysheid. Elke storie word ook vergesel van nuttige, maklik verstaanbare, praktiese wenke oor hoe kinders die waardes in die alledaagse lewe kan toepas, asook hoe ouers en onderwysers leiding kan gee.

Een van NielsenBookScan se 100 topverkopers in die land

Die verhale in Vertel vir my ‘n storie is meer as volksbesit, dit is deel van ‘n kultuurskat wat oor landsgrense strek.” – Anneretha Grobler in Vaalweekblad

ISBN 978 0 7993 6665 5

Die beste Suid-Afrikaanse Spookstories

Maak kennis met `n paar van die bekendste en grillerigste spoke in Suid-Afrika!

Die spookmeisie van Uniondale wat sommige nagte langs die pad staan en duimgooi…

Die rooi os van Riebeek-Kasteel wat snags deur die dorp se strate dwaal…

Die beeldskone Eliza wie se gehuil glo nog steeds op maanligaande deur die klowe van die Hexriviervallei weerklink…

En die onverskrokke seekaptein Hendrik van der Decken, wat aan boord van die Vlieënde Hollander oor die oseane swerf …

Een van NielsenBookScan se 100 topverkopers in die land

ISBN 978 0 7993 6705 8

Sprokies vir woelwaters

Perfek vir slaaptyd of sommer net vir `n lekker storie-bederf!

‘n Versameling propvol immergroen sprokies:

Die rottevanger van Hameln

Gouelokkies en die drie bere

Die paddaprins

Hansie en Grietjie

Jan en die boontjierank

… met illustrasies deur Maja Sereda wat jou tone sal laat krul van lekkerkry!

ISBN 978 0 7993 7947 8

Wonderlike ware Dierestories

Slyp die tande, spits die ore en krul die snorbaarde vir Wendy Maartens se boek Wonderlike ware Dierestories.

Maak kennis met Jock, die beroemdste hond wat ooit in die Bosveld gebly het. Volg Huberta die seekoei op haar verstommende staproete. Ontmoet Max die gorilla wat `n skurk vasgetrek het. En skud poot met Just Nuisance, die matrooshond wat soldate tydens die Tweede Wêreloorlog geïnspireer het. Van slim diere tot dapper diere – en selfs diere wat wêreldberoemd geword het! Die 31 stories in hierdie bundel sal jou met nuwe oë na ons geveerde en vierpotige vriende laat kyk.

As reeks op Radio Sonder Grense in Evert Snyman se program Storietyd uitgesaai.

Hierdie boek is`n heerlike leeservaring.” ~ Jaco Jacobs

Hierdie is nou regtig ‘n lekker boek om vir kinders te gee om te lees- diere hou nou maar eenmaal ‘n spesiale bekoring vir die meeste van ons in; en waar hierdie nou WARE stories is oor diere wat werklik gebeur het, maak dit die boek soveel te meer interessant. Just Nuisance is die seemanne se hond wat my altyd bekoor; wat van ‘n perd wat kan lees en tel, ‘n troetelslang wat ‘n dief geflous het; die dapper Jock van die Bosveld; ‘n beer wat soldaat word; ‘n gorilla wat ‘n skurk vang en dan lees ons selfs ook van beroemdes en hulle troeteldiere. ‘n Bronnelys word aangeheg. Regtig ‘n nuttige en leersame en lekker-lees boek!” 
~ Lorna Gericke 

Wendy het hoog en diep gesoek na stories om die belofte van die titel, “wonderlike ware stories” gestand te doen. Om die boek te lees is soos om grondboontjies te eet. Jy is altyd lus vir nog meer.
~ Solette Scheeres in Maandblad Zuid-Afrika

ISBN 978 0 7993 6242 8

Suid-Afrikaanse helde en ikone

Ontmoet 33 van die dapperste mense (en diere) in Suid-Afrika se geskiedenis … Wolraad Woltemade wat man-alleen met sy perd die stormsee ingery het om skipbreukelinge te red. Die onverskrokke generaal Koos de la Rey wie se dapperheid vandag nog besing word. Wollie, ’n klein brakkie met ’n groot hart. Die siek seuntjie Nkosi Johnson wat mense regoor die wêreld geleer het om siek mense met respek te behandel. En Nelson Mandela wat 27 jaar in die tronk was sodat sy land se mense vry kon wees. As reeks op Radio Sonder Grense in Evert Snyman se program Storietyd uitgesaai.

Wendy Maartens se lewendige, deernisvolle vertellings maak hierdie klassieke en moderne Suid-Afrikaanse heldestories vir oud en jonk toeganklik. ‘n Moet-hê-boek vir elke huis!” – www.graffitiboeke.co.za

ISBN 978 0 7993 6004 2

Eendag op ‘n Reëndag – Volksverhale, legendes en ware stories

Suid-Afrikaanse kinders geniet al geslagte lank stories oor Jakkals en Wolf, Antjie Somers, Jock van die Bosveld en Racheltjie de Beer. Van die gewildste volksverhale, legendes en ware stories word in hierdie pragboek vir ‘n nuwe geslag kinders oorvertel.

As reeks op Radio Sonder Grense in Evert Snyman se program Storietyd uitgesaai.

`n Manjifieke versameling volksverhale, legendes en ware stories. Hier is iets van alles: Die 35 stories wissel van beroemde Afrika-stories soos Hasie en die teerpop deur enkele kaskenades van Jakkals en Wolf verby `n Kaaps-Maleise legende soos Doederomandro en die Droster van Tafelberg tot by die Spook van Uniondale en Japie Greyling, `n jong held in die Anglo-Boereoorlog.– Leon Rousseau, Rapport Boeke

ISBN 978 0 7993 4756 2

My eerste atlas – ‘n Wêreldatlas vol asemrowende feite

In watter land kan jy ongeveer 700 verskillende tale hoor? Waar ry die ministers soms met fietse parlement toe? Watter land is so groot dat dit sewe dae per trein neem om van oos na wes te ry? In watter Suid-Afrikaanse dorp het die polisie op kamele gery? Watter Suid-Afrikaanse dorp het eens op `n tyd nes iets uit `n cowboyfliek gelyk?

Ekstra: Muurkaart van Suid-Afrika

Die prentjies en muurkaart van Suid-Afrika help om die jongspan aan die leer te hou en boonop help dié Afrikaanse atlas om hulle woordeskat uit te brei. Ouboet moet oppas – Kleinsus gaan hom `n ding of twee wysmaak wat hy nog nie in die aardrykskundeklas gehoor het nie.” – Jenilee Venter in die Kersuitgawe van WEG

Maartens bring ook die idee by kinders tuis dat elke organisme uiteindelik een groot familie aardbewoners vorm wat afhanklik van mekaar is.” – Leon Steenkamp, Tygerburger

Dié atlas is propvol interessante feite sodat jou kind kennis van die wêreld se vastelande op `n prettige wyse bemeester. My eerste atlas sluit ook `n muurkaart van Suid-Afrika vir jou ywerige studentjie se kamer in.” – Yolandi Jordaan, Baba & Kleuter

ISBN 978 0 7993 5081 4

Sprokies en ander gunsteling-stories

Perfek vir slaaptyd of sommer net vir `n lekker storie-bederf! `n Bundel propvol immergroen stories soos: Sneeuwitjie en die sewe dwergies, Aspoestertjie, Repelsteeltjie, Raponsie, Hansie en Grietjie, Die gestewelde kat, Gouelokkies en die drie bere, Die drie varkies en Rooikappie.

Aspoester en ander in die 21ste eeu … dié bekende sprokies word deur die veelgeprese kinderskrywer Wendy Maartens oorvertel.” – Rachelle Greeff, Rapport Boeke

Dis een van daardie boeke wat `n mens uitsluitlik aankoop met die doel om jou woelwaters aan die slaap mee te lees – en kort voor lank kry die boek sy lê op jou eie bedkassie. Die nostalgie en die gevoel van kind-wees wat dié juweeltjies oorbring, is soos roomys met sjokoladesous – onweerstaanbaar vir kleuters én die van ons wat al lank in die tand is.” – Jaybee Roux, Die Burger

Reeds twee keer as reeks op Radio Sonder Grense in Evert Snyman se program Storietyd uitgesaai.

ISBN 978 0 7993 4278 9

Die mooiste Dierestories

Al jou gunsteling-dierestories in `n pragtige volkleurboek!

Klassieke stories soos: Haas en Skilpad hardloop resies, Die gans wat goue eiers gelê het, Plaasmuis en Stadsmuis, Olifant en Seekoei trek tou, Jakkals, Kraai en die stuk kaas.

Lapa se top versamelbundel van 2009.” – Leon Rousseau, Die Burger

As reeks op Radio Sonder Grense in Evert Snyman se program Storietyd uitgesaai.

ISBN 978 0 7993 4517 9

Drie Hoeras vir Denver

Denver het nie altyd gehakkel nie. Voordat oom Jaap by hulle kom bly het, het die woorde soos gladde seepbelle oor sy lippe geglip.

Almal sê sy ma is gelukkig om `n man soos oom Jaap te kry. Denver is die enigste een wat nie van oom Jaap hou nie. Hy wens hy kon vir sy ma of vir juffrou Lea vertel wie oom Jaap regtig is …

Drie Hoera’s vir Denver is in isiXhosa en isiZulu vertaal. Lapa Uitgewers het 500 boeke per titel ter waarde van R140 000 aan Biblionef geskenk. Die boeke sal in gemeenskappe versprei word waar daar `n besondere nood bestaan.” – Persverklaring deur Lapa Uitgewers.

Agter in die boek is riglyne en hulpnommers vir kinders om so ‘n situasie te hanteer, asook inligting vir ouers en onderwysers, byvoorbeeld wat om te doen as `n kind jou in sy vertroue neem, of as jy tekens sien wat dui op onderliggende spanning of seksuele misbruik. Saam met die hoofkarakter ervaar die leser die pyn en verwarring wat kinders in sulke situasies ondervind. Die verhaal werk deur die hele proses van hartseer, skaamte, erkenning en genesing.” – Boekresensie in die Cape Librarian.

ISBN 978 0 7993 4529 2

‘n Ster met strepe

Benjamin wens hy kan viool speel soos oom Adam. Terwyl oom Adam die strykstok oor die snare laat dans, lag hy saggies van pure lekkerkry. En dan sê hy: “Benjamin, jou dag sal kom. Jy sal sien …”

`n Ster met Strepe is ook in isiXhosa, isiZulu, Sepedi en Setswana vertaal. Dit behels dat 500 boeke in elk van hierdie tale aan Biblionef geskenk word om aan behoeftige skole te versprei.” – Miemie du Plessie, Lapa Uitgewers

A Star with Stripes: One of the top 10 childrens’ books for 2007.Jay Heale, Cape Argus

ISBN 0 7993 3710 2

Prinses Mossienes

Vandat die mossies onder die stoepdak nesmaak, sit Dina elke dag en kyk vir hulle. Sy het die mossies nog nooit sien stry nie. Maar Mamma en Pappa stry deesdae aanmekaar.

Daarom steek Dina vere in haar hare en sit `n kroon op haar kop. Dan is sy nie meer Dina nie. Sy is Prinses Mossienes. En sy vlieg na `n plek waar alles beter is …

Agter in die boek is riglyne en hulpnommers vir kinders om so ‘n situasie te hanteer, asook inligting vir ouers en onderwysers, byvoorbeeld wat om te doen as `n kind jou in sy vertroue neem, of as jy tekens sien wat dui op onderliggende spanning.Boekresensie in die Cape Librarian.

ISBN 978 0 7993 4530 8

Lena se bottelboom

Lena woon in `n geel huis met `n groot vyeboom. Sy, Oupa en Ouma, `n gemmerkat, `n hoenderhaan en vier wit henne. Een oggend gaan Ouma en Lena dorp toe. Daar sien Lena `n pragtige Kersboom. Dit gee haar `n plan – sy gaan haar eie Kersboom maak! `n Bottelboom wat vrolike liedjies in die wind klingel en haar sal help om Mamma minder te mis.

– Exclusive Books: Publisher’s Choice-lys – 2006

– ATKV-Veertjie: Finalis 2007

– Press Release: The Noma Award for Publishing in Africa. Honourable Mention

The book is unusual and successful in two ways. The characters belong to the minority “coloured” community in South Africa, where few children’s books have featured a main character from that community. Death is an uncommon theme in children’s books and here it is very effectively handled and sensitively told.” Lena’s bottle tree: “A gentle, moving picture book rich with Christmas and Africa. Rewarding and responsible: a story which belongs to our land.” – Jay Heale, Bookchat.

ISBN 0 7993 3504 5