geestelik

Engele van die Bybel

Het jy geweet God gebruik sy engele om spesiale werke te doen?

Hy het engele gebruik om vir Daniël in die leeukuil te beskerm. Hy het ook engele gestuur om vir Jesus in die woestyn te gaan sorg. God het selfs ‘n engel gestuur om vir Petrus uit die tronk te gaan red.

In 18 opwindende stories uit die Ou en Nuwe Testament sal jy ontdek hoe engele lyk, wat hulle name is en hoe God hulle gebruik om sy mense te help. Jy kan selfs leer om jou eie kaartjie met ‘n opwip-engel te maak deur die instruksies agter in die boek te gebruik.

Catherine Groenewald van Stellenbosch het gesorg vir die lieflike illustrasies.

Uitgegee deur Cum/Christian Art.

Ook beskikbaar as Angels of the Bible.

Bestel by:  086 011 0321

Diere van die Bybel

Wanneer jy aan die diere in die Bybel dink, wat kom eerste in jou gedagtes op? Is dit dalk die diere in Noag se ark, of miskien die donkie waarop Jesus by Jerusalem ingery het? Die Bybel is vol stories oor wonderlike diere!

Leer in 30 stories uit die Ou en Nuwe Testament oor al die fantastiese diere wat God gemaak het. Kom saam op ‘n prettige avontuur, en ontdek allerhande interessante feite oor diere, soos hoekom akkedisse soms hulle sterte verloor of hoekom donkies sulke groot ore het. Besige bytjies sal ook in elke storie ‘n oulike idioom leer wat deur die dier geïnspireer is, soos: Wat beteken dit as iemand sê jy sit soos ‘n koggelmander op ‘n klip?

In ‘n japtrap sal jy alles oor die diere in die Bybel leer!

Catherine Groenewald van Stellenbosch het gesorg vir die lieflike illustrasies.

Uitgegee deur Cum/Christian Art.

Ook beskikbaar as Animals of the Bible.

Bestel by:  086 011 0321

Kinders van die Bybel

God gebruik gewone kinders om buitengewone dinge te doen. Hy gebruik ‘n 8-jarige Josia om die mense terug te bring na Hom toe, en vir Dawid om teen Goliat te veg. God het selfs groot planne gehad vir die baba Moses terwyl hy nog in ‘n mandjie op die Nylrivier gedryf het. Regtig! Moses het later God se mense uit Egipte gelei na die Beloofde Land toe.

Ontdek die spesiale plan wat God vir gewone kinders in die Bybel gehad het in 19 stories propvol avontuur uit die Ou en Nuwe Testament. Net soos God vir elkeen van hulle ‘n spesiale plan gehad het, het Hy ook vir jou ‘n spesiale plan!

Catherine Groenewald van Stellenbosch het gesorg vir die lieflike illustrasies.

Uitgegee deur Cum/Christian Art.

Ook beskikbaar as Children of the Bible.

Bestel by:  086 011 0321

 

My Slaaptydgebedjies

Help jou kindjie bid met Wendy Maartens se gebede spesiaal vir kleingoed, lieflik aangevul met illustrasies deur die bekroonde illustreerder Vian Oelofsen.

Daar is gebede vir as kinders geboelie word, oor die natuur, bril-dra, as ‘n kind bang is, as my ouers gaan skei, gehoorsaamheid, my dierevriende, en die vrugte van die gees.

Met nuttige praktiese wenke vir ouers en versorgers.

“22 jaar se graad 3’s het my geleer wat dit regtig beteken om met die hart van ‘n kind te bid.” – Wendy Maartens.

Beskikbaar by goeie boekwinkels.

Bybelstories vir Kinders

Uitgewer: Randomstruik 

 

Wendy Maartens leef haar passie in Bybelstories vir Kinders uit deur op ‘n vars en besondere manier ‘met woorde te skilder’. Haar stories uit die Ou en Nuwe Testament help kinders om van kleins af met oorgawe te leef, onvoorwaardelik lief te hê en maklik te vergewe, net soos Christus. Dié stories maak jou opgewonde oor God, die wonderlike wêreld en sy mense. Hy is immers ‘n God van liefde, ‘n God wat glimlag en ‘n God wat vergewe. Die kombinasie van Wendy se persoonlike Bybeltaal en die moderne en kleurvolle illustrasies van Marie Prinsloo gee kinders ‘n kreatiewe en onbevange insig in geloofsfeite en vraagstukke oor die groot onbekende wêreld.

Formaat: Hardeband

Grootte: 280 x 195mm

Bladsye: 112

ISBN 978 1 43230 510 9 

Ook beskikbaar in Engels as: Bible stories for Children

 

Dagstukkies vir Klein Hartjies

Uitgewer: Christian Art Publishers (CUM)

Het jy geweet? God is so lief vir jou dat Hy jou naam in sy handpalm geskryf het, en niks kan dit uitvee nie.

Hy praat elke dag met jou. Soms fluister God diep in jou hart. Dan voel dit soos skoenlappervlerkies wat saggies roer. Ander kere stuur Hy vir jou ‘n boodskap met ‘n geel herfsblaar. Of Hy sing vir jou ‘n liedjie op die wysie van die wind. Hy kan selfs briefies met seemeeuspore in die sand skryf!

In Dagstukkies vir Klein Hartjies neem Wendy Maartens jong kinders op ‘n unieke ontdekkingstog deur die natuur om God se liede en sorg te ontdek en ‘n onontbeerlike deel van hul vormende geloofswêreld te maak.

Die allermooiste kunswerke deur Natalie en Tamsin Hinrichsen maak hierdie uitsonderlike boek nog spesialer vir klein hartjies.

Elkeen van die 50 dagstukkies het ‘n Bybelvers, iets om te doen, iets om oor te dink en ‘n gebedjie. Die muis wat in elke storie wegkruip, maak die boek op ‘n prettige manier interaktief en leer kinders om op detail te konsentreer.

Formaat: Hardeband

Grootte: 165 x 205 mm

Bladsye: 208

ISBN 978 1 4316 1323 6

Ook beskikbaar in Engels as: Daily Devotions for Little Hearts