Brokkies

Maart 2017: Jong natuurliefhebbertjies kan uitsien na My eerste diere-atlas!

Vra jou kind gereeld watter diere in die koudste plekke op aarde oorleef? Wil Jannie of Sannie weet waar jy die wêreld se grootste vlermuis sal vind? Weet hulle van die bloeddorstige piranha-vissies wat in die Amasonerivier rondswem? Wat en waar in Suid-Afrika kan jy die “uitgestorwe” selekant vind?

 

Al hierdie vrae en nog vele meer word in Wendy Maartens se My eerste diere-atlas beantwoord. Dié atlas dien boonop as ‘n wonderlike naslaanbron wat op enige leergierige skoolkind se boekrak hoort! ~ Sunday Times

 

Ook beskikbaar as My First Animal Atlas.

 

Uitgegee deur Lapa

 

Bestel by 012 401 0700