Brokkies

Mei 2017: Wat is lekkerder as … 77 stories in drie bonkige boeke?

Het jy geweet God gebruik sy engele om spesiale werke te doen? Hy het engele gebruik om vir Daniël in die leeukuil te beskerm.Hy het ook engele gestuur om vir Jesus in die woestyn te gaan sorg. God het selfs ‘n engel gestuur om vir Petrus uit die tronk te gaan red.

engele_van_die_bybel

In Engele van die Bybel help 18 opwindende stories uit die Ou en Nuwe Testament ons ontdek hoe engele lyk, wat hulle name is en hoe God hulle gebruik om sy mense te help.

 

diere_van_die_bybel

Kom saam op ‘n prettige avontuur! Leer in 30 stories uit die Ou en Nuwe Testament oor al die fantastiese diere wat God gemaak het. Ontdek hoekom akkedisse soms hulle sterte verloor of hoekom donkies sulke groot ore het. Besige bytjies sal ook in elke storie ‘n oulike idioom oor ‘n dier leer, soos: Wat beteken dit as iemand sê jy sit soos ‘n koggelmander op ‘n klip?

 

kinders_van_die_bybel

God gebruik gewone kinders om buitengewone dinge te doen. Hy gebruik ‘n 8-jarige Josia om die mense terug te bring na Hom toe, en vir Dawid om teen Goliat te veg. God het selfs groot planne gehad vir baba Moses terwyl hy nog in ‘n mandjie op die Nylrivier gedryf het. Regtig! Moses het later God se mense uit Egipte gelei na die Beloofde Land toe.

Ontdek die spesiale plan wat God vir gewone kinders in die Bybel gehad het in 19 stories propvol avontuur uit die Ou en Nuwe Testament. Net soos God vir elkeen van hulle ‘n spesiale plan gehad het, het Hy ook vir jou ‘n spesiale plan!

Catherine Groenewald van Stellenbosch het gesorg vir die lieflike illustrasies.

Al drie boeke word uitgegee deur Cum/Christian Art.

Ook beskikbaar as Angels of the Bible, Animals of the Bible, en Children of the Bible.

Bestel by: 086 011 0321